Tag Archives: damme

Boeredag

Op Saterdag 17 Oktober (2015) was die VVPF gasheer vir boere uit die Percy Fyfe omgewing wat deur twee uitnemende gassprekers toegespreek is.

Professor Chris Dannhauser is ‘n Landboukundige wat spesialiseer in weiding en konsulteer nasionaal en internasionaal. Prof Dannhauser is betrokke by verskeie landbou opvoedkundige instansies oor die jare. Hy het heelwat publikasies agter sy naam in die vorm van handboeke, tydskrifartikels (akademies en gewilde tydskrifte) en is betrokke by nasionale en internasionale landbouprojekte.

chriswei1

Mnr Hein Grimsehl (“Oom Hein”) is ‘n siviele ingenieur en deskundige op die gebied van damme bou. Gedurende sy loopbaan adviseer hy op nasionale en internasionale projekte. Hy het ontwerp en/of gebou aan damme soos die P.K. le Roux dam, Woodstockdam, Sterkfonteindam en Fika Patso dam.

Die tema van oom Hein se praatjie was “Construction of Small Earthfill Dams”

oomhein1

Die boere was entoesiasties en het baie vrae gevra en deelgeneem. Terugvoer was positief en almal het die dag geniet.

Daar was ook uitstallers gewees.

Allewyn Benadie van Land Rover Mokopane was reg met sy Land Rover en het waterbottels en penne geskenk vir die vraag en antwoord kompetisie na die tyd. Baie dankie Allewyn.

Hy kan gekontak word by: 0613354438 of stuur vir hom ‘n epos.

landroveralwyn1

AndrĂ© Steyn van Nobotrax (Pty) Ltd (Nylstroom) het sy produkte uitgestal met heelwat belangstelling. Hy kan gekontak word by 0833784895 of stuur vir hom ‘n epos.

andreligte1

Baie dankie vir almal wat die dag ‘n sukses gemaak het!